Slegs 450 000 mense sal in die volgende twee jaar toegang hê tot die nuwe MIV- anti-retrovirale inspuitbare behandeling, Lenacapavir. Dit is ’n middel wat jy kan gebruik om te voorkom dat jy MIV opdoen en moet elke ses maande toegedien word.
Dr. Jantjie Taljaard, ’n kenner van aansteeklike siektes aan die Universiteit Stellenbosch, sê volgens hul wete sal elke mens wat die medikasie soos voorgeskryf gebruik, tussen 98% en 100% seker kan wees hulle sal nie MIV opdoen nie. “Ons weet as ons dit aan twee miljoen Suid-Afrikaners kan gee wat ’n hoë risiko loop, kan die pandemie gestop word.”
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
