Die nuwe uitgawe van Die Papier is hier: Als oor Malema se vonnis en véél meer

Die Papier – 17 April 2026.
Die Papier – 17 April 2026.

Die EFF-leier Julius Malema se direkte tronkstraf van vyf jaar vir die onwettige afvuur en besit van ’n vuurwapen. Ons klop aan by kenners.

Peet en Mel is nog in Amerika in die tronk, maar dit lyk asof hulle mense smeek vir geld. Mike Bolhuis stel reeds ondersoek in na individue wat die paartjie moontlik steeds ondersteun.

Péter Magyar, leier van die Tisza-party, spreek die media toe in Boedapest, Hongarye.
Péter Magyar, leier van die Tisza-party, spreek die media toe in Boedapest, Hongarye. Foto: Attila Kisbenedek, AFP.

Wie is Péter Magyar, die 45-jarige wat onlangs die 16 jaar lange bewind van die verslane Hongaarse premier, Viktor Orbán, tot ’n vernederende einde gebring het?

Ons bekyk ook wie die individue is wat a.g.v. die Life Esidimeni-tragedie vervolg moet word, berig oor Roelf Meyer se aanstelling as SA se nuwe ambassadeur in Amerika en skryf oor die bewerings van korrupsie in Stellenbosch.

Ekonoom Elize Kruger sê mense voel dalk al “oorlogvoos”, maar dat die uitwerking op die SA ekonomie so verreikend is dat dit nie geïgnoreer kan word nie.

Op die sportblaaie maak ons ’n draai by die Meesterstoernooi, Varistybeker en SA Beker én deel soos oudergewoonte jul skolesportfoto’s.

Embrose Papier, skrumskakel van die Bulls.
Embrose Papier, skrumskakel van die Bulls. Foto: Anton Geyser, Gallo Images.

Merwe Coetzee stel ’n rugbyspan saam van diegene wat deur Bok-breier Rassie Erasmus misgekyk word, maar heel moontlik die manne in groen-en-goud kan klop. Wie maak jou span?

Ons profiel is hierdie week met die immergroen Dave Pepler en Marlene van der Westhuizen deel haar resep vir Coq au Vin.

Dít, en nog báie meer in die jongste uitgawe van Die Papier.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie