“Die vroue het hom eerste gewaar in die vroegoggendskemerte. Soos die dag oor Suid-Afrika gebreek het, het die werklikheid ingesink: hy is terug,” skryf Cas Wepener oor die koms van Die Papier in die eerste uitgawe se bylae, Dink.
Lees in Wepener se satiriese verhaal hoe meneer Du Toit, ’n skoolhoof in Tzaneen, ’n boer in die Wimpy by die Engen in Kroonstad, asook Susan van Mosselbaai, op die nuwe koerant reageer. “Daar was helaas te min papier. Almal het dadelik begin uitsien na die volgende Vrydag en die weeklikse koms, of dalk bedreiging, van Die Papier.”
Saam met die artikel verskyn die sonderlinge bostaande skets deur Wessel van Dyk, ’n argitek van Stellenbosch.
Daar is drie maniere om die volledige verhaal, Dink-bylae en die koerant te lees:
- Koop dit by jou naaste winkel.
- Laat dit tuis aflewer, deur ’n e-pos te stuur na diepapierintekening@onthedot.co.za, of bel 087 353 1291.
- Koop ’n e-koerant om elektronies deur te blaai en te lees. Kyk op die tuisblad van hierdie webwerf daarvoor.
