Die Slag van die Olyfbome ruk die Wesoewer

Samir Shoman oes beskadigde olyfbome in Khirbet Abu Falah, Ramallah, aan die Wesoewer. Die olyfoes-seisoen is ‘n belangrike deel van Palestynse kultuur en die plaaslike ekonomie, maar is toenemend onseker, aangesien Palestyne aanvalle deur Israelse settelaars in die gesig staar. Foto: Faiz Abu Rmeleh, Getty Images

Met 10 miljoen olyfbome is die besette Wesoewer een van die digste konsentrasies van olyfverbouing in die oostelike Middellandse See-gebied. Die olyfboere is gedurende die laaste twee jaar deur groot storms getref, maar die storms het nie uit wind of water bestaan nie.

Vir geslagte lank het die Abu Hassan-familie die verloop van tyd nie volgens kalenders gemeet nie, maar volgens olyfoeste: Daar was die jaar toe oupa die eerste boord geplant het. Toe die jaar toe ’n droogte die oes byna vernietig het; die jaar toe ’n troue met die opbrengs van olyf­olie-verkope betaal is; die jaar toe ’n seun tydens oestyd gebore is en sy eerste dae in die skadu van eeue oue bome geslaap het terwyl sy ma gehelp olywe oes het.

  • Lees Jurie van der Walt, ’n vryskutjoernalis wat hom op die Midde-Ooste toespits, se skrywe in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie