’n Malperd opklim.
Idiomatiese uitdrukking:
malperd: ’n (die) malperd (mal perd of verkeerde, selde wilde perd) opklim (opsaal, selde ry)
Iets aanpak of onderneem wat jy nie kan behartig of beheer nie, of iets dwaas aanvang: Mens, en het ek al spyt gekry omdat ek die malperd opgeklim het om met ou Joppie in die huwelik te tree! (D. Beukes in Huisg., 25 Mrt. 1960, 71)
- Besoek die WAT se webwerf of volg hulle op sosiale media vir nog taalnuus.
