Rubik se kubus
gespesialiseerde uitdr. (na E. Rubik, Hongaarse beeldhouer en professor in argitektuur)
Kubusvormige speelding wat uit kleiner blokkies van dieselfde grootte bestaan, en wat so gemanipuleer kan word dat die blokkies op elke vlak uiteindelik dieselfde kleur vertoon; sin. Rubikkubus (ongewoon): ’n Student … het ’n nuwe wêreldrekord opgestel deur die bekende Rubik se kubus in 11,13 sekondes op te los (Volksbl., 17 Jan. 2006, E).
