quid pro quo
leenwoordgroep, quid pro quo of quid pro quos; of selde quid pro quos. (Lat., “iets vir iets”)
Iets wat gegee, aangebied of gedoen word in ruil vir ’n teenprestasie van ’n vergelykbare aard: As mense voor die WWK ’n belydenis of voorlegging doen, en ook om amnestie vra, moet daar onmiddellik ’n sigbare respons wees tussen belers en benadeeldes. ’n Vinnige quid pro quo word verlang (Beeld, 27 Nov. 1996, 16).
