Die WAT se woord van die week

Oud-Bok Jaque Fourie hardloop met die bal tydens die Rugbywêreldbeker in 2011.
Oud-Bok Jaque Fourie hardloop met die bal tydens die Rugbywêreldbeker in 2011. Foto: Gabriel Bouys / AFP.

puntemasjien

s.nw., puntemasjiene.

Iem. wat as deelnemer aan ’n kompetisie, spel, wedstryd, of dergelike op ’n gereelde grondslag ’n groot aantal punte aanteken; sin. puntevraat (ongewoon): F. … is besig om die grootste puntemasjien van die Gaselle te word. In net vier wedstryde … het hy reeds 16 drieë gedruk (Transv., 16 Okt. 1972, 10). S. kan die sewentiende Suid-Afrikaanse speler word wat 1 000 punte of meer in eersteklas rugby aanteken … S. is een van die voorste puntemasjiene in Suid-Afrikaanse rugby (Beeld, 13 Apr. 1994, 14).


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos