lentegroen (bet. l)
s.nw.
1. Heldergroen eerste uitloopsels van plante a.d. begin v.d. lente: Die son het die tere lentegroen gebrand tot die vroeë rypheid van Oktobermaand (J.R.L. v. Bruggen: Japie, 1922, 76).
2. Heldergroen kleur kenmerkend v.d. plantegroei i.d. lente: Hy drink diep aan die kleure wat hom omring; … die fris lentegroen om hom; en die ryk geel van die gousblomme (I.D. du Plessis: Springbok⁶, 1938, 53).
