Helen se steil bult na koalisie in Goudstad

Helen Zille en Itumeleng Moloi, ’n lid van die publiek, ten tyde van die DA se registrasieveldtog in Soweto vroeër vandeesmaand.
Helen Zille en Itumeleng Moloi, ’n lid van die publiek, ten tyde van die DA se registrasieveldtog in Soweto vroeër vandeesmaand. Foto: Gallo Images.

Nuwe peiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV)

Hermann Pretorius, ontleder by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), het ’n nuwe IRV-peiling eksklusief aan Die Papier verskaf. Dit meet die ANC se nasionale steun op 35,5% – sowat 10 persentasiepunte laer as die 45,59% wat die party in die 2021- plaaslike verkiesing behaal het.

Die IRV meet die DA op 27% (presies dieselfde as die SRF), die IVP op 4%, die PA op 3% en die VF Plus en ActionSA op 2% elk.

Van die grootste verskille tussen die IRV- en SRF-peilings is die MKP (12,2% steun volgens die IRV, teenoor die SRF se 15%) en die EFF (10% volgens die IRV, teenoor die SRF se 7%). Die IRV se 10% vir die EFF is net 0,3 persentasiepunte laer as die steun wat die party in die 2021- plaaslike verkiesing getrek het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos