Die Springbokke se toetsrekord in Kaapstad boesem nie veel selfvertroue in nie.
Volgens statistieke is die Moederstad oor die jare heen die Nieu-Seelanders goedgesind. Die besoekers se eerste toets op Nuweland teen Suid-Afrika in 1928 was ’n oorwinning van 13-5. In die laaste twee toetse op Nuweland was die Springbokke weer aan die verkeerde kant van die uitslag.
Die All Blacks het in 2008 met 19-0 gewen en in 2017 naelskraaps met 25-24. Daar is egter hoop.
In die enigste toets wat tot dusver in die DHL-stadion gespeel is – op 7 September 2024 – is die All Blacks 18-12 geklop. Siya Kolisi en Malcolm Marx se drieë in die tweede helfte het die besoekers se doppie geklink. Albei dié Bokke is môre weer in die beginspan.
Die Springbokke was in net vier uit elf toetse in die Kaap die All Blacks se baas. In nege van die toetse was die punteverskil tien of minder. In vier van die elf wedstryde was daar slegs vyf of minder punteverskil. In die ander kusstede het die Bokke aansienlik beter gevaar.
- Lees die volledige artikel en al die ander rugbynuus in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
