Moderne rugby se aanvalspel word meeste van die tyd óf deur die skrumskakel óf deur die losskakel bepaal. Ja, daar is uitsonderings, maar wanneer ’n skrumskakel so goed soos Glasgow Warriors se George Horne speel, is dit moeilik om hom nie Die Papier se speler van die wedstryd te maak nie.
Amptelik het Glasgow-kaptein, Kyle Steyn, met dié eer van die veld afgestap.
Maar soos dit enige goeie skrumskakel betaam, was hy orals op die veld. Hy het suiwer aangegee, deur gapings om die losgemaal gebreek en seker gemaak dat sy span die heeltyd op die aanval bly.
Hy het ook 100% gekorrel om al vier sy doelskoppe suiwer deur die pale te stuur.
- Kry al jou rugbynuus in Die Papier, op NovaNews en op KickOff.com.
