Glasgow Warriors verpletter moedige Connacht se drome met kwarteind-sege in Skotland

Die Glasgow Warriors het vir Connacht in die eerste kwarteindstryd gewen.
Die Glasgow Warriors het vir Connacht in die eerste kwarteindstryd gewen. Foto: Facebook.

Drie minute en 34 sekondes . . . Connacht loop binne vier minute 7-0 voor teen die Verenigde Rugbykampioenskap-wenners van 2024, die Glasgow Warriors.

Ewe skielik besef ’n mens net weereens: Enigiets kan gebeur in die uitkloprondes van ’n rateltaai kompetisie.

Glasgow het die wedstryd eindelik 33-21 gewen, en Kyle Steyn was die speler van die wedstryd.

Hoewel Connacht-kaptein Cian Prendergast eerste punte aangeteken het, was dit Glasgow wat die volgende drie gedruk het om die telling gelykop te maak.

In hierdie fase van die spel was dit veral indrukwekkend hoe gedissiplineerd die Skotte kon bly, en hoe die voorspelers met hul fisieke spel momentum bly skep het.

Maar die momentum het definitief nie net in een span se guns gewerk nie. Ná 30 minute se spel was die telling steeds 7-7, maar sou beide spanne voel hulle kon meer van hul kanse gemaak het.

In die tweede helfte het Glasgow al hoe meer hul kanse begin benut. Kyle Steyn het in die 45ste minuut gedruk, en toe Josh McKay en Olujare Oguntibeju daarna. Tog het Dave Hefferman en Finlay Bealham vir Connacht gedruk om die telling 28-21 vir die laaste 10 minute van die spel te maak.

Steyn se tweede drie het die telling 33-21 gemaak met net vyf minute se speeltyd oor. Hoewel Connacht nooit tou ingegooi het nie, kon hulle net nie weer Glasgow tem nie.

Glasgow sal nou teen die wenner tussen die Bulls en Munster in die halfeindstryd speel.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie