Vir sy duisende volgelinge is hy die man agter die skreeusnaakse karakters, herkenbare Suid-Afrikaanse situasies en video’s wat gereeld honderdduisend kyke lok.
Hy kan ook spog met meer as 60 000 volgelinge op Instagram.
Maar agter die naam Buksem Scott is Reinier Scott (22), ’n jong man van Potchefstroom, wat nooit beplan het om ’n sosialemediasensasie te word nie.
“Ek het baie rugby en ander sport gedoen, maar ek het nooit gedink ek gaan in vermaak beland nie. Dit is iets waarnatoe my persoonlikheid my gelei het.”
- Lees die volledige artikel oor Buksem Scott in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
