Toe die destydse 26-jarige David Attenborough in 1952 by die BBC begin werk het, was televisie nog so ’n nuwe medium dat hy self nog net een televisieprogram gesien het.
Maar hy het vinnig geleer en teen 1954 was hy nie net ’n vervaardiger nie, maar ook ’n ateljee-aanbieder van Zoo Quest, ’n gewilde reeks oor die natuur.
In net meer as sewe dekades het sir David Attenborough, of SDA (sy personeel se troetelnaam vir hom) meer as 100 dokumentêre programme en TV-reekse vervaardig en is hy wêreldberoemd.
- Lees die volledige berig oor Attenborough in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
