KYK: Helen Zille roei deur stormwater om weer diensleweringskwessies uit te wys

Helen Zille se veldtog om die burgemeester van Johannesburg te word, laat die tonge klap.
Helen Zille se veldtog om die burgemeester van Johannesburg te word, laat die tonge klap. Foto: Facebook.

Fiksheid is blykbaar baie belangrik vir die DA se Helen Zille. Vandat sy teruggetrek het Johannesburg toe om die DA se burgemeesterskandidaat in dié metro te wees, swem sy in slaggate, roei sy in stormwater wat nie effektief dreineer nie en draf sy agter pikitup-vullistrokke aan.

“In die 2025/26-boekjaar het die Stad Johannesburg slegs 26% van sy kapitaalbegroting bestee. Dit beteken dat geld wat in kritieke projekte, soos stormwaterinfrastruktuur, belê moes word, óf gesteel óf wanbestuur is,” skryf sy by haar nuutste poging om die ANC ’n gesonde regtervuis toe te dien.

In dié video roei Zille deur stormwater terwyl sy met motoriste gesels wat langs haar in verkeer sit. Sy loop ook deur enkelhoogte water waardeur ’n taxi teen ’n slakkepas ry en hardloop agter ’n pikitup-vullistrok aan om vir beter dienslewering te vra.

“Ons is op koers om die grootste party in Suid-Afrika se metro’s te word. En van daar beweeg ons na die volgende mylpaal: Om die grootste party in die land te word,” het Zille Saterdagoggend by die DA se federale kongres in Midrand gesê.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie