’n Leser het vir ons ’n gedig gestuur oor Die Papier. Dit het ons opnuut opgewonde gemaak oor ons eerste gedrukte uitgawe wat op die 6de Maart verskyn.
Die Papier
ek hoor hom in ‘n ander gedaante
by die voordeur klap
ek ruik hom
ek voel hom
ek smaak hom:
brokkies vars nuus
prestasies en skandes
padkos en humor
kopkrap blokraai en suduko’s
ou vrinne wat jy blaai-blaai raakloop
alles verpak in papier ja
aanloklik en verleidelik
Die Papier
ek hou hom bewend in my hand
druk hom teen my bors
die nuus is warm
Die woorde lê in my hart
Die Papierkind
het uiteindelik die lig gesien
hy praat met my
ek lag, ek huil ek skater
ek gaan haal my anderhelfte
ons gaan feesvier en glase klink: op Papier!
