“Ek persoonlik is nog tussen hartseer en kwaad. Maar ek is diep kwaad; lank kwaad.”
Met dié woorde beskryf Chris van der Berg sy emosies nadat sy broer, Hugo, Saterdagaand 11 Julie gesterf het.
Hugo van der Berg (51) van Secunda het ná die Springboktoets op Loftus Versfeld in Pretoria in ’n oop uitgrawing naby die stadion geval. Terwyl ’n geregtelike doodsondersoek by die Brooklyn-polisiekantoor aangemeld is, sê die familie hulle is vasbeslote om die saak tot die einde deur te voer.
“Ons gaan nie stop nie. Ons stap hierdie pad tot die einde toe.” Hulle het reeds met Willie Spies gekonsulteer, wat as hul regsverteenwoordiger optree. Spies is ook die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir Tshwane. Die geregtelike doodsondersoek is die eerste stap wat die familie neem met die hoop op verdere regsaksie.
“Namate die ondersoek vorder, beoog ons om ’n strafregtelike saak te open en daarna moontlike siviele eise in te stel. “Iemand moet aanspreeklik gehou word,” sê Van der Berg.
- Lees die volledige hoofberig oor dié kwessie in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
