Musk obsessief om OpenAI te beheer, hoor hof in VSA

‘n Outonome robothond met ‘n hiper-realistiese silikoonkop wat lyk soos die Amerikaanse tegnologie-miljardêr Elon Musk, is deel van die interaktiewe kunsinstallasie Regular Animals deur die Amerikaanse kunstenaar Beeple (gebore Mike Winkelmann), by die Neue Nationalgalerie in Berlyn. Terwyl die robotte vrylik binne ‘n omheinde gebied beweeg, vang hulle beelde van hul omgewing vas, wat dan deur KI-stelsels herinterpreteer word volgens die waargenome estetika of “styl” wat met elke figuur geassosieer word. Die robotte genereer dan beelde wat uit hul agterkante uitgewerp en aan besoekers versprei word. Foto: John Macdougall, AFP

Moet die maatskappy OpenAI op die vrye mark vir kunsmatige intelligensie (KI) meeding of bloot vir navorsing aangewend word? Dié vraagstuk dien tans voor ‘n hof in Oakland in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië.

Elon Musk het ’n obsessie gehad om OpenAI te beheer, het Sam Altman, die uitvoe­r­ende hoof van die maatskappy, vandees­week getuig. Hy was onder kruisverhoor deur Musk se regspan.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie