Nee vir ‘Sasolburg by die see’

Weskus.
Grafika: Morné Schaap.

Suid-Afrika se eerste groot kommersiële e-vliegtuigbrandstofaanleg wat beplan word as deel van die wêreld se oorgang na ’n koolstofvrye ekonomie, kry die wind van voor: Inwoners van Hopefield, Langebaan, Velddrif, Vredenburg en Saldanha aan die Weskus skop vas teen dié ontwikkeling.

Inwoners van die dorpe en omgewingsorganisasies wat gekant is teen dié massiewe ontwikkeling, is onder meer bekommerd oor lug- en grondbesoedeling en die vernietiging van ’n sensitiewe ekostelsel. Hulle vra ook waar die water vir dié projek vandaan gaan kom omdat hierdie deel van die land bekend is vir sy dorheid.

Die Phelan Green Group, ’n internasionale maatskappy wat dié e-brandstofaanleg en ’n massiewe sonplaas buite Hopefield beplan, sê in sy finale voorimpakverslag hy het R47 miljard in die projek belê. Phelan beplan om teen 2028 sowat 35 000 ton e-brandstof te vervaardig en dit teen 2032 te verdubbel.

  • Lees die volledige berig in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie