Ouerskap: Magspel en manipulasie as ouers skei

Foto: Adobe Stock

Vir Sinta Ebersohn, ’n terapeut en stigter van die webwerwe Fair Divorce en Get Up and Grow, is dít die wekroep aan alle rolspelers in so ’n situasie. “Dikwels het die een persoon dit sien kom, terwyl dit vir die ander persoon soos ’n mat is wat onder hul voete uitgepluk word. Dit gaan gepaard met geweldige hartseer en verlies.”

Juis daarom moet kinders beskerm word om te keer dat dit in lewenslange trauma ontaard, sê Ebersohn.

Saterdag 25 April is Internasio­nale Ouervervreemding Bewusmakingsdag – ’n situasie wat juis ontstaan wanneer ’n magspel en manipulasie tussen ouers uitbreek en kinders daarby betrek word.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie