Pa van Wellington sterf toe vragmotor omslaan en vlamvat

Die vragmotor wat omgeslaan.
Die vragmotor wat omgeslaan. Foto: Verskaf.

’n Vragmotorbestuurder van Wellington is Maandagmiddag, 3 Augustus, dood toe die vragmotor wat hy bestuur het, omgeslaan en toe vlamgevat het.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 15:35 op die Vryggunspad in die Windmeul-gebied buite Paarl plaasgevind.

Die oorledene is intussen as Cedric van Wyk, ’n 53-jarige pa van Wellington, geïdentifiseer.

Cedric van Wyk (53) is Maandagmiddag dood tydens ’n ongeluk waarin die vragmotor wat hy bestuur het omgeslaan en toe vlamgevat het.
Cedric van Wyk (53) is Maandagmiddag dood tydens ’n ongeluk waarin die vragmotor wat hy bestuur het omgeslaan en toe vlamgevat het. Foto: Facebook.

Konst. Ndakhe Gwala, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag aan Paarl Post, ’n susterpublikasie van Die Papier, gesê inligting dui daarop dat die vragmotor wat deur Van Wyk bestuur is, omgeslaan en toe vlamgevat het.

Van Wyk is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die polisie het intussen ’n saak van strafbare manslag geopen.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos