Pretoria: Dís die DA se plan

,
Cilliers Brink tydens die DA se manifes in Johannesburg. Foto: Facebook/DA
Cilliers Brink tydens die DA se manifes in Johannesburg. Foto: Facebook/DA.

Ek aanvaar die uitdaging deur Die Papier se redakteur om presies te sê wat die DA se plan vir die land se hoofstad is. Die DA wil die werk voltooi waarmee ons in my 18 maande as burgemeester begin het. Ons sal wet en orde herstel, belastingbetalers se geld beter bestee en die munisipale administrasie terugneem van die kamerade, kaders en tenderpreneurs wat dit gekaap het, skryf Cilliers Brink, die DA se burgemeesterskandidaat in Tshwane.

Ons moet sterker terugkom as wat ons was toe ek as burgemeester uitgestem is. Ons kan nie weer toelaat dat die verraad van ’n koalisievennoot, of ’n onwettige ingryping deur die ANC-regering in Gauteng, die stad se herstel ontspoor nie.

DA-ondersteuners kan die deur­slag gee deur op 4 November in groot getalle te gaan stem.


Kategorieë: ,

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos