Of jy nou wil lekker lag of net vir Bobby van Jaarsveld in ’n Speedo wil sien, belowe die Semi-Soet-musiekblyspel vermaak vir oud en jonk. Die Papier het tydens ’n repetisie by die produksie span gaan inloer en een ding is duidelik: Die energie en talent op die verhoog is dinamies.
Anel Alexander, wat die hoofrol van Jaci vertolk asook die kreatiewe regisseur is, sê sy kan skaars glo dat sy ná die oorspronklike fliek in 2012 steeds dieselfde karakter speel – en nou ook in die opvolgfliek, Semi-Soet 2.
“Ons was aanvanklik onseker of die rolprent op ’n verhoog sou werk, en nou lyk dit asof dit op die planke moes wees.”
Verlede jaar was 48 vertonings van die blyspel uitverkoop. Vanjaar maak dit geskiedenis as die eerste Afrikaanse produksie in 12 jaar wat by die Teatro in Montecasino – een van die grootste teaters in Suider-Afrika – aangebied word.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
