Sewe koeëls lei na Ystermankompetisie

Paul Blanken met sy splinternuwe bergfiets vir die Ystermankompetisie.
Paul Blanken met sy splinternuwe bergfiets vir die Ystermankompetisie. Foto: Verskaf.

Sewe koeëls het in Januarie 2007 deur Paul Blanken se liggaam geskeur tydens ’n skietery. Een van die koeëls het rakelings sy hart gemis. Sy slukderm is vernietig en groot dele van sy maag en ingewande moes verwyder word. Sy lewe sou nooit weer normaal wees nie, moes hy in die hospitaal hoor.

Vandag, op 74, oefen Blanken vir een van die wêreld se taaiste uithouvermoë-uitdagings: die Ystermankompetisie, wat voorlopig in middel April volgende jaar in Mosselbaai gehou word. Dit bestaan uit 3,8 km swem, 180 km fietsry en ‘n marathon van 42,2 km.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie