Die Stormers het halftyd 10-7 voorgeloop in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Bulls op Loftus Versfeld.
Die Stormers het, op ’n kol met net 13 man op die veld, ’n sterk aanslag van Bulls afgeweer en met latere momentum op die eindelik net voor halftyd 10-7 koelkamers toe gedraf.
’n Strafdrie het eerste die Bulls laat voorloop, voordat Damian Willemse deurgebreek het om die telling in die 30ste minuut gelykop te maak. Net voor halftyd kon Sacha Feinberg-Mngomezulu ’n strafskop in drie punte verander.
Adre Smith en Ben-Jason Dixon moes vir 10 minute die wedstryd van die kantlyn af dophou.
