Die tesourie se konsepregulasies vir openbare verkryging sal verkrygingsprosesse duurder en stadiger maak en die risiko vir korrupsie verhoog, waarsku die Centre for Development and Enterprise (CDE). Sakeliga reken dit is ongrondwetlik.
Dié twee groepe het kommentaar ingedien op die konsepregulasies, waarvan die openbare konsultasieproses vandeesweek gesluit het.
Die regulasies vorm deel van die regering se poging om openbare verkryging te gebruik om transformasie te bevorder. Volgens die CDE is die waarde van die sake tussen die staat en die private sektor meer as R500 miljard per jaar.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
