Hier is die hoofnuus wat vandag, 27 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
Formele borgtoguitspraak in saak teen voormalige vlootbestuurder (42) van Emfuleni plaaslike munisipaliteit wat in hegtenis geneem is weens beweerde tenderbedrog & korrupsie van R16 miljoen, uitgestel tot 29 Julie
EFF het MTN en Vodacom gekritiseer oor hul hofaansoek teen ICASA-regulasies wat gratis oordrag van ongebruikte data vereis, bestempel dit as anti-verbruikersgierigheid terwyl miljoene kliënte risiko loop om reeds betaalde databondels te verloor
Voormalige Prasa-uitvoerende hoof Lucky Montana veg terug teen SIU se regstappe, hou vol dat ondersoekers ‘nie een van my huise sal kry nie’
#MadlangaKommissie Kontroversiële IDAC-ondersoeker Dylan Perumal glo naweek in hospitaal opgeneem, sal na verwagting Dinsdag getuig om kwessies rondom Andrea Johnson se getuienis uit te klaar
Banyana Banyana-hoofafrigter Desiree Ellis sê dis van groot belang om openingswedstryd van WAFCON Maandagaand 19:00 teen Tanzanië in Casablanca te wen, vorige kragmeting tussen dié twee het gelykop geeïndig
Wees gereed om hulle te ondersteun: Banyana Banyana, verdedigende Afrika-kampioene, takel Tanzanië om 19:00 in Marokko
Rassie Erasmus het Stormers se Ntuthuko Mchunu (27) opgeroep om by die Springbok-groep se oefenkamp in Johannesburg aan te sluit
#MadlangaKommissie Dokumente wat oornag ingedien is, kan moontlik Andrea Johnson se getuienis weerspreek, sy sê sy was ‘geskok om te verneem dat daar teenstrydige dokumente is’
DA doen beroep dat private operateurs spoorvragdienste oorneem te midde van Transnet se ekonomiese skade van R353 miljard
RDK raai president Cyril Ramaphosa aan om Selby Mbenenge, regterpresident van die O-Kaap, uit sy amp te skors hangende besluit van Nasionale Vergadering
Rassie hou aan om met Los Pumas en die All Blacks se koppe te smokkel deur slegs hierdie 2 spanne op X te volg voor Bok-wedstryde teen Argentinië en Nieu-Seeland

4 sterf in kop-aan-kopbotsing tussen H100-bakkie en Hyundai H1-minibus laat Sondagaand op N2 naby Bhoboza-afrit in Inkosi Mtubatuba plaaslike munisipaliteit
Jan Taks trek net al hoe stywer om Mel, terwyl manlief Peet Viljoen veg om borgtog op 400 aanklagte wat verband hou met bedrogsaak van R27,6 miljoen, hof oorweeg bewerings dat Viljoen vlugrisiko is
Die regering gaan optrede teen onwettige immigrasie en verwante misdadige bedrywighede opskerp, meer as 68 000 buitelandse burgers is sedert Junie vir repatriasie verwerk
Fadiel Adams het na bewering strafsaak by SAPD in Wellington teen IDAC-ondersoeker Dylan Perumal aanhangig gemaak op aanklagte van regsverydeling en belemmering van regsproses
Ramaphosa aanvaar Andrea Johnson se versoek om met onmiddellike ingang as hoof van IDAC te bedank, onseker of sy steeds voor Madlanga-kommissie sal verskyn
Internasionaal
Sangeres Carly Simon (‘You’re So Vain’) het bekend gemaak dat sy met Parkinson se siekte gediagnoseer is
‘n Jurie sal na verwagting Maandag openingsbetoë aanhoor in verhoor van Lindsay Clancy van Massachusetts wat daarvan aangekla word dat sy haar drie kinders (5, 3 & 8 maande oud) in 2023 verwurg het
Volgens inwoners het minstens 30 mense gesterf toe gewapende mans vroeg Maandagoggend dorpie in Kaduna, Nigerië, aangeval het
Franse owerhede sê verwoestende veldbrand het ophou versprei ná dit 220 000 mense in die suidweste van die land gedwing het om hul huise te verlaat, waarsku wel dat brand nog nie onder beheer is nie
Italiaanse glyjakkals vas na hy 20 jaar lank voorgegee het hy het ‘antieke Romeinse amfiteater’ van 393 n.C. ontdek, toeriste moes hom €40-toegang betaal vir amfiteater wat hy self gebou het
Tsjad het Maandag aangekondig dat hy beplan om aan Internasionale Strafhof te onttrek, sê hof se doeltreffendheid is ‘beperk’ en word ongelyk toegepas
Franse polisielid wat van diens af was, het Maandag man in hegtenis geneem ná hy na bewering 3 vroue (19, 24 & 36) waarvan 2 ernstig beseer is, met kombuismesse in Parys aangeval, motief vir aanval onbekend
Wêreld se oudste professionele sokkerspeler, Kazuyoshi Miura (59), oftewel ‘King Kazu’, teken eerste doel in 4 jaar aan vir Fukushima United wat Iwaki Furukawa met 7-0 geklop het, sê wil speel tot hy 70 is
‘n Brand het Maandag in Iran se hoofstad, Teheran, uitgebreek en gaste van 5-sterhotel moes ontruim, brande kom glo veral gedurende die warmer maande gereeld in Iran voor en breek meestal uit in ouer geboue weens tegniese gebreke
“Ons sal verseker dat dit veilig is en sal sorg dat die voordele van kernenergie behoorlik aan die publiek verduidelik word,” het Filippynse pres. Marcos tydens landswye TV-uitsending oor moontlike kernenergie-opwekking in dié land gesê
Vyf Bosniese bergklimmers is dood op Rusland se Berg Elbroes, die hoogste berg in Europa, nadat hulle in ‘n hewige storm vasgevang is. Die liggame van drie van die slagoffers kon weens slegte weerstoestande egter nog nie ontruim word nie
Brandstigter Mick Philpott (69) wat vonnis van 14 jaar uitdien ná hy huis in Derby (VK), in 2012 aan brand gesteek het waarin 6 van sy 17 kinders omgekom het, doen nou aansoek om vrylating
Iran waarsku oor “onvoorsiene” gevolge ná Oekraïne se aanval op skip in Kaspiese See
Verdagte in Berlyn Pride-aanval, Abdul Ballout (21), deur polisie doodgeskiet toe hy hulle in Spandau (Berlyn) met mes bestorm het
Jemen se Houthi-groep het Sondag beweer hulle het Saoedi-beheerde verkenningshommeltuig oor noordelike provinsie Al-Jawf afgeskiet
Prokureurs vir Andrew & Tristan Tate wat van verkragting en mensehandel vir seksuele uitbuiting in VK beskuldig word, sal met aanklaers in Miami vergader om tydlyn vas te stel vir proses om uitlewering na VK teen te staan
Tadej Pogačar (27) het sy status as een van fietsry se grootste legendes bevestig met 5de Tour de France-titel, het sodoende die rekord van Eddy Merckx, Miguel Indurain, Jacques Anquetil en Bernard Hinault geëwenaar wat TdF 5 keer gewen het
2 dood en 5 ander Sondagaand beseer tydens skietvoorval by Bite of Seattle-fees, verdagte in hegtenis geneem
