VRK-halfeindstryd: Stormers se swak dissipline laat Leinster eindstryd toe draf

Stormers-losskakel Jurie Matthee.
Stormers-losskakel Jurie Matthee. Foto: Gallo Images.

Die jaar is 2022. Dis die heel eerste seisoen van die Verenigde Rugbykampioenskap en die Bulls sal in die eindstryd teen die Stormers in Kaapstad speel.

Maar dis ongelukkig nie vier jaar gelede nie, want die Bulls sal teen Leinster in Ierland in die eindstryd moet uitdraf.

Ja, die Stormers het met 20-11 teen die Iere vasgeval in die halfeindstryd.

’n Mens kon voel dat die damwal iewers moes breek. Ná agt minute se aanhoudende aanvallende spel het Rieko Ioane van Leinster deur die verdedigingslyn gebreek en die eerste drie van die wedstryd gedruk.

Ná twee strafskoppe was die telling ná 23 minute 13-0. Hoewel die Stormers min die bal gehad het, kon Adré Smith in die 28ste minuut oor die doellyn duik.

Teen halftyd het die Stormers nog net 31% balbesit gehad, en is 67% van die wedstryd in hulle eie helfte van die veld gespeel.

Eindelik ná 53 minute kon die Stormers drie punte by hul telling voeg, al was Leolin Zas met ’n geel kaart van die veld af.

Met 10 minute oor was dit steeds 13-11, maar die Stormers se Ruan Ackermann se geel kaart, wat later ’n rooi kaart geword het, sou dié speeltyd kompliseer.

Sekondes daarna het Jamison Gibson-Park oor die doellyn geduik om vir sy span ’n groter voorsprong te besorg. Boonop is Salmaan Moerat ook koelkas toe gestuur. Die telling was dus nou 20-11, wat ook uiteindelik die eindtelling sou wees.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie