VRK: SA spanne het slegs 3 wedstryde oor om hul plek in uitkloprondes te verseker

Die Stormers-veteraan Deon Fourie word in Saterdag se wedstryd teen Connacht in die DHL-stadion in Kaapstad rondgepluk.
Die Stormers-veteraan Deon Fourie word in Saterdag se wedstryd teen Connacht in die DHL-stadion in Kaapstad rondgepluk. Foto: Grant Pitcher, Gallo Images

Tans in 2de, 4de, 8ste en 11de plek. Dié posisies, wat die Stormers, Lions, Bulls en Sharks onderskeidelik op vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap ranglys is, lyk belowend, maar alles kan nog verander.

Die Stormers het verlede week 24-33 teen Connacht verloor, en sal sake wil regstel teen die Glasgow Warriors (wat tans eerste op die puntelys is).

Daarteenoor sal die Lions op hul momentum wil voortbou ná hulle sege van 54-12 oor Glasgow verlede week, wanneer hulle Connacht aanpak. Beide hierdie wedstryde vind in Suid-Afrika plaas, voordat die spanne oorsee reis vir hul laaste twee groepwedstryde.

Die Sharks het hul kanse om in die topagt te eindig, baie moeiliker gemaak toe hulle verlede week 17-21 teen die Ospreys verloor het. Hulle sal hierdie week teen Edinburgh in Skotland speel.

Die Bulls het 47-7 met die Dragons afgeransel en sal dieselfde met die Scarlets in Wallis wil doen om hul uiteindelike plek in die topvier te verseker teen die tyd wat die uitkloprondes begin.

Onthou, die vier spanne boaan die ranglys sal tuisveldvoordeel geniet tydens die uitkloprondes. En slegs die agt beste spanne sal in dié rondes speel.

VRK-wedstryde

Vrydag (24 April)

20:40 Edinburgh t. Sharks

Saterdag (25 April)

13:40 Stormers t. Glasgow
15:55 Lions t. Connacht
20:40 Scarlets t. Bulls


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie