Ná 18 rondes, met die eerste wedstryde van die seisoen wat reeds op 26 September verlede jaar begin het, is die groepwedstryde eindelik in beseringstyd.
Ja, die 18de ronde van wedstryde begin vanaand, en dan is hierdie seisoen se Verenigde Rugbykampioenskap-uitkloprondes met ons. Die huidige puntelys het die Stormers in tweede, Bulls in vierde en Lions in vyfde plek.
Nie net wil dié drie SA spanne met goeie plekke op die puntelys eindig nie, maar sal dit van kardinale belang wees om in die topvier te eindig sodat hulle tuisveldvoordeel in die kwarteindstryde sal hê.
Vrydag, 15 Mei
20:45 Cardiff t. Stormers
Saterdag, 15 Mei
13:45 Sharks t. Zebre Parma
16:00 Bulls t. Benetton
20:45 Munster t. Lions
Só lyk die SA spanne




