Waterwet gewysig: ‘Straf munisipale bestuurders in hul persoonlike hoedanigheid vir besoedeling’

Die Vaalrivier by die Vredefortkoepel naby Parys in die Vrystaat.
Die Vaalrivier by die Vredefortkoepel naby Parys in die Vrystaat. Foto: Adobe Stock.

Prof. Anja du Plessis, hoogleraar in waterbestuur aan Unisa se departement geografie, sê dit is nie ongewoon dat die departement van bosbou, visserye en die omgewing, asook die departement van water en sanitasie, ’n plaaslike owerheid strafregtelik van waterbesoedeling aankla nie.

Dit sluit aan by Die Papier se berig vandag dat dié departemente die Emfuleni- plaaslike owerheid aankla weens 73 klagte van besoedeling van die Vaalrivier.

April Ntuli, Emfuleni se munispale bestuurder, het verlede week in Vereeniging in hierdie verband in die hof verskyn. AfriForum wil toesien dat Ntuli in sy persoonlijke hoedanigheid aanspreeklik gehou word deur ’n groot boete of selfs tronkstraf opgelê moet word.

Du Plessis sê ’n ander munisipaliteit, eMalahleni, is verlede jaar met R650 miljoen beboet vir waterbesoedeling.

Du Plessis sê dit is hoogtyd dat munisipale bestuurders in hul persoonlike hoedanigheid gestraf word as ’n plaaslike owerheid aan besoedeling skuldig bevind word.

Sy sê die Nasionale Waterwet word tans gewysig om hiervoor voorsiening te maak. In die verlede is plaaslike owerhede “skuldig bevind” en dan moet die belastingbetaler opdok.

Volgens Du Plessis is die wysigings van die Nasionale Waterwet daarop gemik om die “voortdurende agteruitgang” van die land se waterbronne te voorkom deur hewige strafmaatreëls in te stel. Dit beteken verantwoordelike amptenare sal ná skuldigbevinding tot tien jaar tronk toe gestuur kan word of ’n boete van tot R10 miljoen opgelê kan word.

  • Lees die volledige berig in hierdie week se uitgawe van Die Papier, wat tans op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie