Wenbrief van die week: Geen ander normaal vir 2030 se matrieks

Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Ek het onlangs oor die “matriekklas van 2030” gelees. Gebore in 2012, het hierdie leerders grootgeword met die norm van Donald Trump en Maga, staatskaping op tuisbodem, die immigrantekrisis in Europa en Brittanje, Covid-19, die Epstein-dokumente en die gevolge daarvan, Rusland se inval in Oekraïne en Israel se oorlogslus in die Midde-Ooste.

Die ouergarde is geneig om te sê dat dinge ná vier jaar weer na “normaal” sal terugkeer. Maar vir dié klas van 2030 bestaan daar geen ander “normaal” as hulle huidige werklikheid nie.

Terselfderyd sien ons ’n vinnig groeiende selfbenaming soos die “Gen Z right”, dikwels gebou op ontkenning van multikulturalisme en samesweringsraamwerke, én, aan die ander kant, ’n sterker linkse brandpunt in stede onder die jonger klomp.

Vir hierdie jeug, vasgevang in alles behalwe “normaal”, is daar dringende behoefte dat geloofsgemeenskappe, die werkplek en publikasies die generasiegaping oorbrug en ’n nuwe gesprek tussen oud en jonk prioritiseer: oor ’n toekoms wat op vrede, groei en gedeelde verantwoordelikheid gebou word.

  • Bent Millar, Somerset-Wes

Skryf aan:

lesers@diepapier.co.zalesers@diepapier.co.za


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie