Oudpres. Jacob Zuma (84) sal waarskynlik nooit behoorlik vir al die aanklagte teen hom boet nie.
“Ek dink Zuma het die vertraging- en uitstelstrategie doelbewus en opsetlik toegepas omdat hy geweet het indien hy eers op ’n gevorderde ouderdom skuldig bevind en gevonnis word, is dit hoogs onwaarskynlik dat hy ’n lang tydperk in die tronk sal deurbring,” sê adv. Francois Botes, ’n regskenner en senior advokaat verbonde aan die Pretoriase Balieraad, oor Jacob Zuma se sogenaamde “Stalingrad”-taktiek.
Die KwaZulu-Natalse hooggeregshof het beslis dat Zuma se korrupsieverhoor op 1 Februarie 2027 moet voortgaan, ondanks hangende appèlle en moontlike verdere regsaksies.
Dit hou verband met die wapentransaksie van 1999, waarvoor Zuma reeds in 2005 die eerste keer aangekla is.
- Lees hierdie volledige artikel in die jongste uitgawe van Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur ’n e-pos te stuur aan diepapierintekening@onthedot.co.za of skakel 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
