Dit blyk mense onder steun steeds die omstrede Peet en Mel Viljoen finansieel en hy ondersoek dit, voer Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) in Pretoria aan.
Hy het dié jongste kinkel in die Viljoen-sage aan Die Papier bevestig en sê SSS stel reeds ondersoek in na individue wat die paartjie moontlik steeds ondersteun, maar “name kan nie op hierdie [tydstip] bekend gemaak word nie”.
Die Viljoens is in Maart in Florida in Amerika in hegtenis geneem nadat hulle glo betrokke was by georganiseerde winkeldiefstal, met gesteelde goedere ter waarde van sowat $3 000 tot $5 000 (ongeveer R55 000 tot R90 000).
Hulle word sedertdien deur immigrasie-owerhede aangehou terwyl hul regsproses en diefstalsaak voortduur.
- Lees die volledige berig in die jongste uitgawe van Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
