Wenbrief van die week: Kyk met regsbril na Staatspensioenfonds

DIe NPV.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Die tyd het nou aangebreek om daadwerklike stappe te doen en met ’n regsbril na die werksaamhede van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) te kyk.

Die Vereniging vir die Monitering en Belangebehartiging van Regeringspensioene (AMAGP) wys daarop dat die staat nie behoorlik verteenwoordig is nie, maar dat die balans politieke invloed bevoordeel. Die minister van finansies het ’n beslissende invloed deur die aanstelling van die helfte van die raad van 16 trustees.

Groot vakbonde, veral Cosatu-geaffilieerdes, speel ’n rol in die benoeming van verskeie werknemerstrustees, wat lei tot politieke en ideologiese homogeniteit in besluitneming.

Die sistemiese risiko word hierdeur verhoog dat politieke oorwegings bo suiwer fondsbelange weeg, veral waar die staat self ’n belanghebbende party is.

Pensioentrekkers, wat ongeveer ’n kwart van GEPF-lede verteenwoordig, het slegs een trustee, wat wyd as disproportioneel beskryf word.

Regsadvies behoort nou ingewin te word oor die politieke beheer oor die fonds, die verhaal van verliese, moontlike strafregtelike klagte, die geskiktheids- en behoorlikheidstoets, en onvoldoende jaarlikse verslaggewing.

  • Hardus Mynhardt, Mosselbaai

Skryf aan:

lesers@diepapier.co.za


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie