Die SA president Cyril Ramaphosa het gister die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, geskors. Dit is egter nie die eerste polisiehoof wat vou nie . . . dis die sesde! Lees ook meer oor die dramatiese verwikkelinge by die Madlanga-kommissie én ontleding van beide kwessies.
Die DA en VF+ se burgemeesterskandidate in Tshwane, onderskeidelik Cilliers Brink en Willie Spies, sê in hul eie woorde: koalisies of een party? Spies meen dat dit onrealisties én ongewens is dat een party alleen regeer, waarteenoor Brink argumenteer dat koalisies SA in die steek kan laat en chaos veroorsaak.

Ons praat met kenners oor die onlangse noodlottige padwoede-voorval in Emmarentia, Johannesburg, doen verslag oor Iran se gebrek aan vredespraatjies met die VSA en berig oor DA-leier, Geordin Hill-Lewis, wat die Nasionale Vervolgingsgesag looi ná hulle ’n dwelmsmokkelaar op R3 000 borgtog vrylaat.
Ons skryf ook oor die ouditeur-generaal, ’n SA aktivis wat deur TIME Magazine vereer is en die ontwikkelinge rondom die bek-en-klouseer-krisis.
Ekonoom Jannie Rossouw, ereprofessor by die Wits-sakeskool, skryf oor ekonomiese veranderings wat ongemerk en sonder aankondiging plaasvind, soos funksies wat die regering moet vervul wat toenemend geprivatiseer word, sonder veranderings in regeringsbeleid.

Regs agterstaan die skoolhoof, Yolandé Havinga.
Op die sportblaaie kyk Stehan Schoeman wat Hoërskool Stellenberg se eerste rugbyspan só suksesvol maak, ná hulle onlangs rugbyreuse soos Paarl Gimnasium, Grey College en Paul Roos gewen het.
Oom Rugby skryf oor afbreekpunte wat onder die vergrootglas is en ons gee jou ook die jongste nuus oor die VRK, Blitsbokke en F1.
Sjef Marlene van der Westhuizen skryf oor koesterkos in die herfs en deel haar resep vir smullekker vis met sampioene.
Dít en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier.
- Die nuwe uitgawe van Die Papier is van vandag af op die rakke.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
