ouroeker
(ou-roe-ker) s.nw., ouroekers. (streektaal) (Suidwestelike Afr. → Kaaps) Ook, streektaal, ou roeker.
Geharde of ervare bendelid, veral een wat by dwelmhandel betrokke is en (of) self dwelms gebruik: Ek (het) betrokke geraak by iemand … Hy is ‘n gangster en is op die oomblik in die gevangenis ook … Ek is bang as hy weer buite is, gedra hy hom weer soos ’n ouroeker … Ouroeker …? So beteken dit dat dié man hom met dwelms besig hou? (Son, 13 Mrt. 2018, E).
