Die manne in die rooi truie het gewen.
Net jammer die Lions het in Ierland gespeel, en dit was dus Munster wat in húlle rooi truie, en die Lions wat in swart truie, gespeel het.
Die eindtelling was 17-24, wat Munster ’n plek in dié jaar se Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen verseker het. Die Lions was klaar in die topagt, maar met hul verspeelde kanse wat hulle gepotjie het om dié wedstryd te wen, sal hulle nou met sewende plek en ’n kwarteindstryd teen Leinster in Ierland tevrede moet wees.
Die Lions, wat amper onstuitbaar op Ellispark lyk, het slegs een van hul wedstryde in al die seisoen van die VRK in Ierland gewen. Hoewel hulle dus nou vir die eerste keer in die uitkloprondes gaan speel, is dit ’n statistiek wat hulle móét verbeter as hulle deurlopende goeie resultate in dié kompetisie wil behaal.
Munster se skrumskakel, Craig Casey, was die speler van die wedstryd.
Só lyk die topagt:

