Stormers teen Cardiff: Dís Die Papier se speler van die wedstryd

Stormers-stut Ntuthuko Mchunu.
Stormers-stut Ntuthuko Mchunu. Foto: Facebook.

Ntuthuko Mchunu is die amptelike speler van die wedstryd gewees en soms moet ’n mens nie torring waar dinge nie gebreek is nie. Dus is Mchunu ook Die Papier se speler van die wedstryd.

Hy het verskeie kere met krag die bal gedra en jy kon sy verpletterende duikslae deur die kassie hoor. Boonop is sy spel met ’n drie in die 29ste minuut beloon.

Maar, dis in die skrums waar Mchunu die gevaarlikste was.

Elke keer as die skeidsregter aangedui het dat daar ’n skrum plaas moet vind, kon jy sien hoe Cardiff-stut Keiron Assiratti se moed in sy skoene sak. Of die Stormers die bal moes ingooi, en of dit Cardiff se bal is, dit het doodeenvoudig nie saak gemaak nie.

Die Cardiff-skrum het sywaarts beweeg, grond toe geval, boontoe gebars . . . alle rigtings behalwe vorentoe.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie