Vyf weke, vyf taalwenke en vyf aanlyn taaltoetse. Die Woordmeesters-taalkompetisie stel die taalvernuf van oud en jonk op die proef. Kontant en ander pryse is op die spel. Waarvoor wag jy?
Registreer hier: https://akademia.ac.za/woordmeesters/

Elke toets word voorafgegaan deur ’n taalwenk wat op Akademia se Facebook-blad en Die Papier se webwerf en sosialemediaplatforms gedeel word. Die eerste taalwenk verskyn op Maandag 1 Junie, met die eerste taaltoets wat op Vrydag 5 Junie open.
As bonus word ’n ekstra taalwenk vir lesers van Die Papier gegee in Vrydae se uitgawe.
