Geordin Hill-Lewis, die DA-leier, het Willie Aucamp aangewys om John Steenhuisen, wat onder hewige kritiek vir veral sy hantering van bek-en-klouseer (BKS) deurgeloop het, as landbouminister te vervang. Wat beteken dit vir die DA en RNE en wat sê landbou-organisasies van dié skuif?
Lees ook meer oor voormalige prokureur Peet Viljoen se inhegtenisneming, die Midde-Ooste-oorlog se vredesooreenkoms en die ma van die seun wat Deveney Nel vermoor het, wat hof toe is om aktiviste te probeer stilmaak.
Verwarring heers oor die omstandighede wat gelei het tot die dood van Arno Koen (44), finansiële bestuurder en direkteur van Koen Accounting Solutions, en Caroline von Rantzau (26), ’n Duitse miljoenêr en skeeps-erfgenaam. Die Papier stel ondersoek in.
Leer meer oor Tshepi, die parmantige renostertjie wat weens stropery wees gelaat is en die vroue wat voor vat om die Kaapse Vlaktes teen bendes te beskerm.

Op die sportblaaie kyk ons wat die Bulls kan doen om Leinster se aanvalle in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskap-einstryd te smoor, wat in skolerugby aangaan en Oom Rugby gaan die Bokke se keuse om Quan Horn op losskakel te kies noukeurig na.
Is jy ’n woordmeester? Dié week se wenk vir Akademia se Woordmeesters-taalkompetisie, in samewerking met VivA, kan dalk net die sonskyn ná die reën laat kom as jy oor hierdie week se taaltoets kopkrap.
En moenie van die resepte vergeet nie! Espresso-karamelmiljoenêrsbrosbrood en salade niçoise sal beslis jou naweekspyskaart haal, belowe.
Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
