Die Papier het vandag hoofsaaklik gefokus om lesers op die hoogte te hou oor hoe die optogte in verskillende dele van die land ontvou het. Hier is ’n tydlyn daarvan met die hutsmerkie #30Junie voorafgegaan:
- Spanning laai op ná betogers onder klippe en bottels deurloop vanuit nabygeleë woonstelle op pad na Kwa Mai Mai-byeenkomspunt in Johannesburg.
- Berigte is ontvang van bande wat aan die brand gesteek is in die omgewing van die Marlboro Gautrain-stasie.
- Aan Wes-Rand relatief rustig, maar betogingsaktiwiteit naby Afri Village in Randfontein.
- Teen 13:50 is betogings of optogte steeds by verskeie plekke regoor Gauteng aangemeld, situasie word as dinamies beskryf en kan sonder kennisgewing verander.
- In Durban weier betogers op h/v East- en Bergstraat om die gebied te verlaat, beweer buitelandse burgers in woonstelle oorkant koshuis skuil.
- MK-groep nog teenwoordig in Pinetown, verskeie gebiede in noordelike, suidelike en westelike dele van KZN word tans as veilig beskou.
- Groep betogers wat vroeër vanaf Forest Hill opgeruk het, het Rosettenville (Jhb) bereik, skare se getalle het intussen verder toegeneem.
- Nooddienste in Delft op Kaapse Vlakte ontplooi ná groep winkel in Hoofweg geplunder het.
- Twee groepe betogers het vroeër na Kraaifontein-polisiestasie opgeruk om memorandum te oorhandig, met uiteengaan het van groep oproerig geraak en skokgranaat is ingespan om orde te herstel.
- Optog tans aan die gang in Voortrekkerweg in Benoni (Gauteng), nóg ’n groep byeen in Harpurlaan by polisiestasie, mense word aangeraai om sakekern te vermy.
- ’n Groep van sowat 900 beweeg in die rigting van St Andrew’s-straat in Bloemfontein (VS), tot dusver geen teken van geweld nie.
- Plaaslike owerhede monitor bedrywighede in Port Shepstone (KZN) waar klein groepe vreedsaam optog hou.
- Winkels in Malvern (Jhb) versoek om tydelik te sluit met groep tans op die hoek van Jules- en Kingstraat.
- Verhoogde druk op toegangspaaie na Mooirivier (KZN) verwag met aktiewe optog wat via die R103 na die dorp beweeg.
- In Centurion (Pta) is die R55- en Olifantsfonteinweg-kruising tans gesluit weens protesoptrede, die betoging verloop tot dusver vreedsaam.
- In Alberton beweeg die protesaksie huidiglik deur Bosworthstraat.
- In Potch (NW) is protesaksie op pad na die munisipale kantore om memorandum te oorhandig, verkeervloei op N12 belemmer.
- In KZN lei March and March-lede + Ladysmith Informal Businesses Association plaaslike inwoners deurMurchisonstraat, verkondig dat onwettige buitelandse burgers die land moet verlaat.
- Optog in Waalstraat, Kaapstad, voor die provinsiale wetgewer, dusver sonder enige voorvalle en 2 optogte in Kraaifontein (Botfonteinweg) en Wallacedene – rede vir dié optogte onseker.
- In Mbombela (Mpumalanga) is die getalle besig om toe te neem namate die betogers in die rigting van die burgersentrum beweeg.
- n Diepkloof, Soweto word gemeenskapslede gemobiliseer, berei voor om van deur tot deur te gaan om spaza-winkels te sluit wat moontlik deur ongedokumenteerde buitelandse burgers bedryf word.
- Betogers van Berea op pad na Durban-middestad, vra vir verwydering van Natal-gedeelte van KwaZulu-Natal.
- Betogers is nou op pad na die Ramotshere Moiloa-munisipale kantore in Zeerust (NW).
- Zinniaweg in Marlboro Gardens is heropen, Gauteng Provinsiale Regering bevestig alle wetstoepassingseenhede regoor provinsie nou ten volle ontplooi.
- By Mahikeng (NW) op die Vryburg-pad is ’n groep aan die beweeg in die rigting van binnelandse sake.
- ’n Groot skare betogers is tans in die Ikageng-gebied in Potchefstroom (NW) sigbaar – motoriste & inwoners word aangeraai om versigtig te wees & die gebied waar moontlik te vermy.
- Zinniaweg in Marlboro Gardens (Sandton) gesluit tussen Jumnas-& Sunflower-singel, betogers brand bande en rommel in pad om dit te versper.
- ’n Groep het begin vorm in Uitbreiding 6 van Schweizer-Reneke (Noordwes) en dit lyk of hulle moontlik in die rigting van die dorp beweeg.
- Betogers tans besig om langs die M25 KwaMashu-snelweg te marsjeer in die rigting van die N2.
- Kaapstad nog rustig, sowat 40 byeen in Bloekombos, klein groep op Grand Parade (in stad), poging tot plundering in Gugulethu – polisie en metro-polisie ingegryp.
- Groot groep betogers staan tans op h/v Victoria- en Oosthuizenstraat, Germiston, polisie & sekuriteitsmaatskappye op die toneel.
- ’n Groot groep is tans besig met optog langs Dube-straat in rigting van New Kleinfonteinweg in Wattville-gebied (Ekurhuleni), verkeersontwrigtings word verwag.
- Skote klap glo naby kruising van Welman- en Hamiltonstraat in Newclare-gebied, Johannesburg, mense word aangeraai om gebied te vermy.
- Berigte van voorvalle wat met betogings verband hou in die omgewing van Mahube Mall (Mamelodi) ontvang, inwoners word aangeraai om area te vermy.
- Beitbrug-grenspos betreklik rustig alhoewel daar verwag word dat duisende mense vandag Zimbabwe van daar sal binnegaan.
