Die WAT se woord van die week

Ouderdom.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

ouwywepraatjies

(ou-wy-we-praat-jies) s.nw. (soms as neerhalend aangevoel)

Ligsinnige, onsinnige of leuenagtige praatjies; sin. ouvroupraatjies (minder gebruiklik): “Die oumense het sterk swart koffie ingegee” … Hulle weet … dis ouwywepraatjies. Maar hulle gee koffie in soverre die siek skaap nog kan sluk (A.M. Louw: Vos, 1999, 137). ’n Algemene oorsaak van kilheid is vrees … ingeprent deur persoonlike ervaring of deur skrikwekkende ouwywepraatjies (F.G. Geldenhuys, vert.: Ginekol., 1972, 732).


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie