Na aanleiding van Keina Swart se onlangse rubriek oor hoe sy Nylstroom (Modimolle) beleef het: Ons is pas terug van ’n woonwavakansie by Wees Gerus en Lekkerrus naby die dorp.
Sy het die toestand van die dorp só goed beskryf. Die een kant van die hoofstraat, wat al maande uitgegrawe is, die stalletjies op die stoepe voor die afgeleefde winkels en meer.
Die algemene indruk van die dorp is een van verwaarlosing.
Ons was egter baie beïndruk deur die vriendelikheid van die inwoners van die dorp. In die winkels is ons baie goed behandel.
Dit was ook lekker om oral met die plaaslike inwoners te kon Afrikaans praat.
Die buurdorp, Naboomspruit, (Moogophong), lyk ook maar taamlik afgeleef.
Weer het die welwillendheid van die inwoners my opgeval.
Hoewel hierdie twee dorpe maar redelik verwaarloos lyk, het die inwoners met hul vriendelikheid dit vir ons as vakansiegangers ’n aangename ervaring gemaak om die twee dorpe te besoek.
- Albert Heigers, Potchefstroom
