Om die eletroniese deurblaai-weergawe van Die Papier te koop, gaan na die skakel van die webwerf wat verwys na die E-uitgawe. NEEM KENNIS dit is nie vir huisaflewering nie. Daar is ’n afsonderlike skakel vir huisaflewering op die webwerf.
Indien u die koerant aanlyn wil deurblaai en suksesvol ingeteken het op die E-uitgawe, kan u die volgende stap-vir-stap gids volg hoe om dit oop te maak:
- Klik op die drie strepies in die boonste regterhoek en kies jou rekening.
- ’n Blad sal oopmaak wat lees “My Rekening” met ’n kieslys.
- Klik op “Biblioteek” in daardie kieslys.
- Jou uitgawes sal daar lê onder “Intekening-uitgawes”.
- Jy kan daar die uitgawe kies wat jy wil deurblaai.
Kyk ook gerus weer na hierdie video om die stappe te sien soos hulle uitgevoer word:
Onthou, jy kan ook die E-uitgawe op Magzter.com koop indien jy dit op dié platform verkies.
Vir huisaflewering gaan na skakel op die webwerf daarvoor of sommer nou reeds direk na On the Dot se webwerf by https://www.diepapierintekening.co.za/. Hulle kan ook per epos bereik by diepapierintekening@onthedot.co.za.
