’n Fees van sjokolade

Rocky road-sjokolade-fudge.

Rocky road-sjokolade-fudge

Bestanddele

  • 50 ml Amarula-roomlikeur  (Vervang dit met volroommelk vir ’n alkoholvrye weergawe.)
  • 200 g donkersjokolade
  • 20 g botter
  • 80 ml kondensmelk
  • ’n Handvol brosbroodkoekies, grof gekap
  • 150 mini- pienk-en-wit malvalekkers
  • ’n Groot handvol van jou gunstelinglekkers, soos Speckled Eggs, Jelly Tots, Smarties, ensovoorts.
  • 200 g witsjokolade, grof gekap

Metode

  1. Voer ’n pan van 8 cm x 20 cm met kleefwerende bakpapier uit.
  2. Plaas die likeur (of melk), donkersjokolade, botter en kondensmelk in ’n kastrol en verhit dit oor baie lae hitte totdat alles gesmelt is. Jy kan dit ook in die mikrogolfoond of oor ’n dubbelkoker smelt. Roer totdat die mengsel glad is.
  3. Verwyder die kastrol van die hitte en roer die res van die bestanddele by, maar gebruik slegs die helfte van die witsjokolade.
  4. Skep die mengsel in die voorbereide pan en plaas dit vir ongeveer vier uur in die yskas, of totdat dit gestol het.
  5. Smelt die oorblywende witsjokolade en drup dit op ’n kreatiewe manier oor die rocky road. Laat dit stol, sny dit in blokkies en sit voor.
  6. Bêre dit vir tot een week in ’n lugdigte houer in die yskas.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie