Die styging in brandstofpryse verander nie net hoe Suid-Afrikaners bestuur nie, maar ook waar hulle werk.
Tydens die Covid-19-inperkings het dit die nuwe normaal geword om tuis te werk.
Anja Bates, hoof van data by die werksoekmaatskappy Pnet, sê Suid-Afrikaners het weer in 2023 en 2024 teruggekeer kantoor toe.
Maar platsakverbruikers sny nou waar hulle kan – onder meer op brandstof. Discovery Insure se data, wat op 1 Junie uitgereik is, toon mense het in Mei 23% minder brandstof as in Januarie en Februarie gekoop.
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
