KYK: Wes- en Oos-Kaap gaan gebuk onder verwoestende storms en swaar reën

Skade by Beaumont Primary School in Somerset-Wes.
Skade by Beaumont Primary School in Somerset-Wes. Foto: Verskaf.

Die Wes-Kaap gaan gebuk onder swaar reën en storms wat verwoestende skade regoor talle dorpe en paaie veroorsaak. Foto’s en video’s van skade in Hermanus, Worcester, Strand en Malmesbury, om net ’n paar te noem, word tans alleen gedeel deur bekommerde inwoners wat se daaglikse erg deur dié storms ontwrig word.

Volgens Michelle du Plessis, Vox se meteoroloog, word bo-gemiddelde reën in verskeie dele van die land deurlopend in Mei-maand verwag.

Navorsing deur die ­Wetenskaplike en Nywer­heids­navorsingsraad en die raadgewende ingenieursliggaam het verlede jaar reeds gewaarsku dat uiterste weerstoestande toenemend paaie, brûe, waternetwerke en kraginfrastruktuur beskadig.

Volgens dié ver­slae het weerverwante rampe die land oor die afgelope 20 jaar na raming sowat R95 miljard gekos. Johan van den Berg, onafhanklike weervoorspeller van Bloemfontein, sê infrastruktuur word veral geraak deur vloede en baie sterk wind. “Baie van ons stede en plekke se afvoer­bane is so toegegroei of verstop dat water nie regtig kan uitvloei nie.”

Hy voeg by swaar reën lei gereeld tot verswakte paaie, water wat op oppervlaktes opdam en selfs sinkgate.

Verskeie plaaslike koerante het vanuit hul gebiede as deel van NovaNews se aanbod oor die verwoestende skade berig.

Stormsterkwinde saai verwoesting in Worcester, gure weer duur voort

‘n Ontwortelde boom het dié heining in Allistairweg, Worcester, beskadig.
‘n Ontwortelde boom het dié heining in Allistairweg, Worcester, beskadig. Foto: Verskaf.

Level 8 storm rips through Helderberg, with more to come op Tuesday

Bome is by Beaumont Primary School ontwortel.
Bome is by Beaumont Primary School ontwortel. Foto: Verskaf.

Kouga floods: 250 residents displaced as municipality races to reopen roads and restore power

Die Kouga-munisipaliteit gaan voort om die skade te beoordeel wat deur die onlangse gure weer veroorsaak is.
Die Kouga-munisipaliteit gaan voort om die skade te beoordeel wat deur die onlangse gure weer veroorsaak is. Foto: Facebook.

Flood response and water disruptions continue across Nelson Mandela Bay

Opruimingsoperasies duur steeds regoor Nelson Mandelabaai-metro voort.
Opruimingsoperasies duur steeds regoor Nelson Mandelabaai-metro voort. Foto: Verskaf.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie