Oud-doelwagter van Pirates vaar uit teen Safa oor visum-debakel

Bafana Bafana-breier, Hugo Broos, saam met sy span.
Bafana Bafana-breier, Hugo Broos, saam met sy span. Foto: Gallo Images.

Innocent Mayoyo, voormalige doelwagter van Orlando Pirates, is behoorlik warm onder die kraag ná die visum-debakel in ’n verleentheid vir Suid-Afrika ontaard het.

Mayoyo is veral ontstel omdat Hugo Broos, afrigter van Bafana Bafana, Maandag sonder sy hulpafrigter Helman Mkhalele na Mexiko moes reis.

Die Amerikaanse regering het glo sonder enige verduidelik Mkhalale se visumaansoek afgekeur. Die span se hoof van sekuriteit, Mdu Mbatha, moes ook vir dieselfde rede agter bly.

Die Suid-Afrikanse Sokkervereniging (Safa) is tans hard aan die werk om oplossings te vind.

“Wanneer ons oor patriotisme praat, wat verhoed Helman om ’n visum te hê? ’n Sokkerfederasie kan selfs vandag nog vir jou ’n paspoort reël as hulle wil. Wil jy vir my sê dat Safa al die tyd nie geweet het Mkhalele gaan deel wees van die groep wat moet reis nie?” het Mayoyo gevra in ’n onderhoud met KickOff.

LEES | SAFA says sorry, after Bafana mess
Voormalige doelwagter van Orlando Pirates Innocent Mayoyo.
Voormalige doelwagter van Orlando Pirates Innocent Mayoyo.

“Dit ontstel my, want Mkhalele is ’n baie belangrike skakel van Bafana Bafana. Dit alleen sê vir jou ons is nie 100% gereed vir hierdie Wêreldbeker nie. Jy kan nie na ’n Wêreldbeker gaan met sulke onnodige probleme nie. Ons sou nie nou met die probleme gesit het as ons voorsiening gemaak het hiervoor nie.

“Dit is ’n groot terugslag en dit gaan ons verhinder om behoorlik te beplan.

“Op hierdie laat stadium kan jy nie sommer iemand kry wat Mkhalele as hulpafrigter vir Broos kan vervang nie. Hy was nog altyd die eerste en tweede assistent.

“Nou het dit ’n probleem geskep. Dit het is ’n hengse verleentheid vir Safa. Watter soort nasionale span gaan na ’n Wêreldbeker sonder ’n hulpafrigter?”

Die hoop is nou dat alles seepglad sal verloop waar Broos en sy span voorberei vir hulle laaste oefenwedstryd Vrydag teen Jamaika in Pachuca.

Bafana speel op 11 Junie in die openingswedstryd van vanjaar se Fifa-Wêreldbekertoernooi teen die gasheer Mexiko in Mexikostand.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie